Barbaryse seerowers

Die Barbaryse seerowers, of Barbaryse korsare of Ottomaanse korsare, was Berberse, Noord-Afrikaanse seerowers wat veral in die 17de eeu bekend was as die skrik van die Middellandse See. Hulle het opereer vanaf Tripoli, Tunisië, Algiers en vanuit hawens in Marokko soos Salé en Rabat. Hul belangrikste doelwitte was om ryk handelskepe te beroof, wat sowel die Middellandse See as die roete na Asië, om die Kaap die Goeie Hoop, bevaar het. Hoewel die term seerower gangbaar is om hul identiteit te beskryf, sou die term kaper meer toepaslik gewees het. Die verskil is hier dat kapers, anders as seerowers, met die toestemming- wel nie opdrag- van die owerheid in hul land van herkoms optree.

Hierdie kapers was al aktief ten tyde van die kruistogte en hul aksies word effektief in die eerste helfte van die negentiende eeu gestop. Die Barbaryse seerowers en kapers word in Duits as die Korsare aangedui. Na aanleiding hiervan word, dikwels ten onregte, veronderstel, dat hulle verband is aan die eiland Korsika.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search